Thursday 19 May 2011

Gogga land

Hierdie "goggas" (ladybugs) is van plastiese skroefbottel doppies gemaak en is 'n oulike idee vir wanneer jy 'n gogga partytjie reël vir die kleinmensies in jou lewe.

Gebruik dieselfde verf patroon idee vir 'n stapblok paadjie in jou tuin na die area waar die kleingoed speel.  Houtblok ringe is oral by kwekerye te koop en gladnie duur nie.  Verf dit mooi en pak 'n paadjie uit na die klimraam of sandput.

Jy kan ook die plastiek-doppie idee gebruik en 'n magneet onder elkeen vas gom.  Dan verf jy op elkeen, tussen die kolle op die ruggie, 'n nommer van 1 tot 10 en gebruik dit as yskas magnete.  Kleinding kan dan leer tel, speel speel en daar is geen harde kante van die magneet wat jou yskas kan stukkend maak nie.
As jy verskillende grotes en kleure gebruik, leer hulle sommer rangskik van klein na groot asook om die verskillende kleure te kan noem.  (Dis sommer baie vlieë met een klap.)