Friday 20 May 2011

Vadersdag Idee - Chilli Fees

Vadersdag Chilli Fees

Hierdie is 'n baie oulike idee vir al die pappa's wat hou van 'n bietjie skop saam met sy kos. Ontwerp 'n spesiale plakker vir die bottels. 

Ek het die volgende resepte gekry vir 'n heerlike sous, probeer dit gerus.


















CHILLI SOUS
Benodig
250 gram rooi en
250 gram groen chillis
1 groot uie
3 knoffelhuisies
1/2 koppie olie
1 middelslag groote All Gold Appelkoos konfyt, (smooth)

Metode
Sny al die stingels vanaf die chilli en kerf uie in kwarte.
Plaas in voedsel verwerker en (pulse) vir n min of twee tot fyn gekerf.
Voeg nou jou olie, knoffel en konfyt en meng nog n rukkie.

Bottel en laat staan vir n dag voor gebruik sodat alle geure kan meng.





















OW-OW BRAND SOUS

Benodig:15 chillies
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruin suiker
2 koppies bruin asyn
1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie

Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies

Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan. Jy moet noodgedwonge maar effe-effe proe en dis dan wanneer jy in die kombuis gaan rondspring en sê, OW OW.

Hierdie sousie is beter as daardie lipplompers wat die lippe veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat ‘tingle’, glo my, die sous ‘tingle’!

WENK:  As jy het kan jy sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruin suiker en asyn, dit hang    seker af of jy ‘n dunner of amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar. Wees versigtig dat jy nie aan jou oë vee as jy die chillies hanteer nie.
















KARIVIESE CHILLI SOUS


Benodig:
15 Tabasco chilli’s, of so 8 Habanero’s (verkieslik vars uit die tuin)
1 wortel
3 teelepels knoffel
1/2 koppie asyn
1/4 koppie lemmetjiesap
1/2 - 1 mango,  opgesny in blokkies
3/4 koppie water
olyfolie

Maal die chillies (gebruik soveel van jou gunsteling soort as wat jy wil, afhangende van hoe warm jy dit wil he), knoffel en wortel fyn in ‘n voedselverwerker en braai so 3 minute in die olyfolie.

Gooi die gebraaide bestandele saam met die res in ‘n versapper en versap tot ‘n sous.  Dan alles weer terug in die pan, en prut vir so 5-10 minute.  Indien die sous te dik is, verdun met meer water terwyl dit prut.  Laat koel effens af en gooi dan oor in skoon glas bottels (dit sal nog dikker word soos dit afkoel).  Bere in die yskas, dit behoort maande te hou (geen kiem sal die moed hê om dit aan te val nie).

Lewer so 500 ml sous wat so 8 uit 10 kry vir warm as jy Tabasco chillies gebruik (habaneros sal dit nader aan 10 maak).  Gebruik op pizzas, Meksikaanse kos, kerries,
seekos, Cajun crawfish en selfs in jou bier (as jy so voel).

WENK:  Net n waarskuwing as jy met chillies werk: Moenie jou oe of ander sensitiewe vryf terwyl of na jy die chillies                hanteer het nie.  As jy met Habaneros werk, oorweeg dit om handskoene te dra.  Wees ook versigtig vir die                chilli-dampe, veral as jy die voedselverwerker oopmaak.