Friday 27 May 2011

Plant jou eie groente vir winter bredies en sop

Daar is min dinge so lekker in die winter, as om jou eie groente uit te haal en dieselfde aand nog 'n heerlike bredie of sop daarmee te maak.
Herfs is ideaal om wortels, beet, ertjies, boontjies, broccoli, blaarslaai, uie en spinasie te plant.  Hou die kwekerye dop vir plantjies. In subtropiese gebiede kan komkommer, eiervrug en soetrissies ook nog geplant word.
As jy nie plantjies kry nie, kan jy nog boerbone, uie, blaarslaai en ertjies van saad saai.  Daar is nog genoeg tyd.