Hierdie bolletjie is maklik om te groei. Hulle is nou oral beskikbaar in tuinsentrums en die ideale tyd om te plant is gedurende herfs sodra die grond temperatuur begin daal het.
Hulle aard goed in amper enige plekkie in die tuin, van vol son tot gedeeltelike skadu, en lyk pragtig as hul in groepies van so 5 of meer bolletjies geplant word. Sommige bronne sê egter hul is ook ideaal om in 'n woudomgewing onder bome te groei of in groepe onder struike in 'n randakker. Die bolletjies moet net altyd klam gehou word en moet nooit uit droog nie.
Leucojum is wel rypbestand.
Leucojum is wel rypbestand.
In die lente beloon hulle jou met pragtige wit klokkies. Elke wit loofblaartjie het ‘n groen kolletjie op. Te pragtig.
As die bolletjies in die grond gelaat word, sal hul self met tyd vermeerder. ‘n Maklike lentebolletjie vir enige beginner tuinier.