Tuesday, 24 May 2011
Geroosterdebotterskorsiesop
Geroosterdebotterskorsiesop (Genoeg vir 6 -8 mense)
2 rooi soetrissies, gehalveer en ontpit
800g botterskorsie, in blokkies gesny
1 knoffelbol50ml olyfolie
50ml botter
2 middelslag-uie, gekap
120ml droeë sjerrie
1 liter hoender- of groenteaftreksel
250g strepiespek, gesnipper, gerooster tot bros
1 ryp camembert-kaas, in wiggies gesny
Pak die rooi soetrissies en die botterskorsie in 'n oondroosterpan, Sny die bokant van die knoffelbol af sodat die vleis sigbaar is en sit dit ook in die pan. Drup olyfolie oor al die groente en rooster dit vir 20 - 30min in 'n voorverhitte oond (200 grade) of tot dit sag is. Haal die pan uit die oond en druk die knoffel uit die skilletjie.
Verhit die botter in in kastrol. Sorteer die uie tot sag. Voeg die geroosterde groente en sjerrie by. Sit die deksel op en laat vir 15 min oor lae hitte prut. Skep die mengsel in 'n voedselverwerker en pols tot sag.
Gooi die mengsel terug in die kastrol en voeg die aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 10 min prut. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper.
Sit dit voor met die bros spekstukkies en 'n wiggie Camemberr-kaas. Moet dadelik bedien word.