Friday 27 May 2011

Ertjie-en-aartappelsop






















Jy hoef nie saans ure in die kombuis deur te bring nie - niks langer as 30 minute nie!
25 minute - 4 porsies
  • 1 gerookte varktjop (kassler-tjop)
  • 30 olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 300 g bevrore ertjies
  • 500 ml groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml melk
Sny die gerookte varktjop van die been af en sny in klein blokkies. Verhit die olyfolie in ’n diep kastrol. Braai die vleis vir so 3 minute en voeg die ui en knoffel by. Braai vir so 5 minute tot die ui sag is. Voeg die aartappels, ertjies en groente-aftreksel by. Kook vir 10 minute met die kastrol oop. Gooi die sop in ’n voedselverwerker of versapper en maak fyn. Gooi terug in die kastrol en geur met sout en swartpeper. Voeg die melk by en verhit die sop weer. Sit voor met volkoring-roosterbrood.

Wenk
As jy die varktjop uitlaat, het jy ’n vegetariese resep.