Tuesday, 24 May 2011

Kerrieboontjie-bredie


















Kerrieboontjie-bredie (6 porsies)
Dié gereg is 'n wonderlike vegetariese kerrie.

  • 500 g droë botterbone
  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 5 ml borrie
  • 5 ml fyn koljander
  • 10 ml kerriepoeier
  • 5 ml fyn komyn
  • 2 ml fyn gemmer
  • 3 kardemomsade
  • sap van halwe suurlemoen
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas bone in 'n bak en bedek met koue water. Laat week oornag. Dreineer en gooi in kastrol. Bedek met water en bring tot kookpunt. Laat kook tot byna sag. Dreineer. Verhit olie in kastrol en braai uie vir sowat 5minute. Voeg tamaties heel by en braai tot tamaties begin oopbars. Voeg knoffel by en braai vir nog 5minute. Voeg borrie, koljander, kerriepoeier, komyn, gemmer en kardemomsade by. Roer goed deur. Voeg suurlemoensap en klappermelk by. Geur met sout en peper. Laat stadig prut vir sowat 10 minute. Voeg gedreineerde bone by en maak toe met deksel. Laat stadig prut vir sowat 1 uur. Voeg 'n klein bietjie water by as dit lyk of dit te droog wil kook. Maak seker die bone is lekker sag.