Die sement blad in die agterplaas is geverf met ‘n ligte kleur om dit weer nuwe lewe te gee en ‘n paar klippies en stap blokke is bygevoeg.
Die ou tuinpotte is mooi geverf en dis maklik en gou gou om met ‘n gieter die plante water te gee. Sit daarby ‘n ou tuinbank met nuwe kussings (oorgetrek met materiaal wat bestand is vir die buitelug) en ‘n mooi mat en siedaar! Binne 1 naweek kan jou agterplaas ook so mooi lyk. En die beste nuus is dit gaan jou gladnie ‘n plaas se prys kos nie.