Monday 23 May 2011

Freesia Blomme

Daar is seker niks wat die lente beter aankondig as Freesias nie.  Die geur van Freesia blomme sal my altyd laat terug dink aan die dae toe ons lentedag blomme skool toe moes neem.  Ons het altyd ons neuse sommer so diep in die blommetjies gedruk.  Die reuk van hierdie blommetjies was ongelooflik.
Dit is nou die regte tyd om die bolle te plant.  (Herfs sodra die grond se temperatuur begin daal.) 
Hulle soek 'n sonnige plekkie in die tuin.  Vol son sal perfek wees.  Jy plant die bolletjies met die skerp punt na bo en onthou om daarna die grond deeglik nat te maak.

Solank hulle nooit in poeletjies water staan nie, maar genoeg water kry en hul genoeg son kry, sal hul jou beloon met die mooiste lente blomme in jou tuin.  Hulle maak ook baie goeie snyblomme vir jou huis.