Sunday 22 May 2011

Saai saadjies

Moenie ou leë eierhouers of melk houers weggooi nie.  Maak vol grond (sommer tuingrond kan ook werk) en saai jou saadjies in die houers.  Jy kan hul dan maklik in die kombuis of op die stoep hou tot die plantjies sterk genoeg is om uit te plant.

Eierhouers werk perfek, want jy hoef nie die wortels te versteur nie.  Jy knip of breek eenvoudig die eiervormpie met die plantjie daarin af en plant hom met houer en al in die grond.  Die houertjie sal ontbind met tyd en pla gladnie die ontwikkeling van die wortels nie.