Monday 23 May 2011

Blanquette de veau (kalfsvleis-en-groentebredie)



















Blanquette de veau (kalfsvleis-en-groentebredie)

Dié bredie is een van die mees klassieke Franse geregte.

(4 porsies)
  • 1kg kalfsvleis-filet, in 3 - 4cm-stukke gesny
  • 4 groot wortels, in 3 - 4cm-stukke gesny
  • 1 ui, grofgekap
  • 1 bouquet garni (tiemie, lourierblaar en pietersielie in 'n bossie vasgebind)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 bottel witwyn (750ml)
  • so 15ml olyfolie
  • 500g knopie-sampioene, gehalveer
  • ½ suurlemoen
  • 15ml botter
  • 30ml suiker
  • 25 baba-uitjies
  • 250ml room
Plaas vleis in 'n kastrol, bedek met water en bring stadig tot kookpunt. Kook vir 1 minuut en haal uit water. Sit vleis, wortels, ui, bouquet garni, sout en swartpeper in 'n pot met witwyn. Bring tot kookpunt en laat lekker stadig prut vir ten minste 1½ uur. Geur met sout en swartpeper. Verhit intussen olyfolie in 'n pan en braai sampioene teen 'n lae hitte. As dit begin water maak, gee jy meer hitte en druk die halwe suurlemoen se sap oor. Geur met sout en swartpeper en hou eenkant. Verhit botter in 'n pan en braai 'n kort rukkie. Voeg suiker en uitjies by en bedek halfpad met water. Laat water wegkook. Wanneer uitjies 'n bietjie kleur kry, haal jy dit van die hitte af. Haal vleis, wortels, bouquet garni en stukkies fyn  ui uit die wynsous en hou eenkant. Meng baba-uie-sous by wynsous en verhit stadig. Gooi crème fraîche of room stadig by en roer goed. Dit moenie kook nie. Gooi vleis, wortels, sampioene en fyn ui by sous. Sit voor met basmati-rys. Jy kan die bredie later weer warmmaak.