Monday 16 May 2011

Chrysanthemum (Krisante, Asters)

As jy nou op soek is na ‘n bietjie kleur vir ‘n hoekie in jou tuin, onthaal are, huis of balkon, is Chrysanthemums die ideale keuse.  Veral  gedurende herfs wanneer mens nie altyd meer lus het vir werskaf in die tuin op koue dae nie. 
Daar is tonne kleure beskikbaar en hulle is reeds in volle blom wanneer jy hulle koop (en meestal alreeds in oulike potte).  Rangskik eenvoudig ‘n paar potte bymekaar en jy het kits kleur sonder moeite. 
Selfs ‘n nuwe tuin waar nog niks geplant is nie, kan pragtig lyk met net ‘n grasperk en ‘n ry of twee van hierdie helderkleurige blomme.  Plant hul al langs jou tuinpaadjie na jou voordeur, en jy gaan verseker die mense twee keer laat kyk.
Chrysanthemums kan ook binnenshuis gehou word vir kleur in jou sitkamer of kombuis en wanneer hulle klaar geblom is, moenie die pot met takkies weg gooi nie.  Plant dit uit in jou tuin.  Hulle mag jou dalk later in die jaar weer verras met blommetjies wat verskyn net mooi wanneer jy dit die minste verwag.