Monday 23 May 2011

Waterblommetjiebredie


















Waterblommetjiebredie

 (6 porsies - sowat 2 uur)
  • 2 kg waterblommetjies
  • 30 ml sout
  • 30 ml olyfolie
  • 500 g lamsribbetjie
  • 700 g lamsnek
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 ml skaapvleis-aftreksel
  • sap van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 200 ml kookwater
Plaas waterblommetjies in 'n groot bak met koue water.  Voeg 30 ml sout by en laat staan terwyl die vleis stowe.  
Verhit olie in 'n groot kastrol.  Braai ribbetjie en lamsnek tot bruin - lekker báie bruin.  Voeg ui en knoffel by.  Braai tot ui sag en deurskynend is.  Voeg aftreksel en suurlemoensap by.  Geur met sout en peper.
Sit deksel op kastrol en laat stowe oor 'n lae temperatuur tot vleis lekker sag is. Jy kan van die kookwater byvoeg as die vleis droog kook.   
Spoel die waterblommetjies goed af en voeg dit by die pot, roer goed deur. Die blommetjies moet net vir 30 minute tot sag kook. Moenie die blommetjies te lank en te pap kook nie. Sit voor met nog vars suurlemoenskywe.