Thursday, 17 November 2016

Madeirakoek



Madeirakoek

Bestanddele
Koek
  • 175 g sagte botter
  • 175 g strooisuiker
  • 3 eiers
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • 200 g bruismeel
  • 1 t bakpoeier
  • knippie sout
  • 50 g amandelmeel
  • fyngerasperde skil van suurlemoen
Stroop
  • 1 k water
  • 140 g suiker
  • 4 cm vars gemmer gerasper
  • 2 ster-anys
  • 1 kaneelstokkie
  • sap en skil van 1 lemoen
    
Instruksies
Koek
  1. Verroom botter en suiker tot lig.
  2. Klits eiers een-een by.
  3. Klits vanielje by.
  4. Sif meel, sout en bakpoeier saam.
  5. Meng by eiers.
  6. Meng amandelmeel by.
  7. Meng skil by.
  8. Skep in kleefvrye ringpan.
  9. Bak in oond teen 170 ˚C vir 55 minute.
  10. Laat afkoel vir 15 minute.
  11. Keer uit op draadrakkie en laat verder afkoel.
  12. Plaas op opdienbord.
Stroop
  1. Laat prut saam vir ongeveer 10 minute.
  2. Gooi warm stroop deur sif.
  3. Gooi oor koek.