Lynette van Niekerk het hierdie oulike foto met ons gedeel op ons blad wat ons laat dink het. Plant 'n bougainvillea in jou tuin.
Showing posts with label Tuin - blomme. Show all posts
Showing posts with label Tuin - blomme. Show all posts
Friday, 12 June 2020
Thursday, 1 October 2015
Ons uitdaging aan julle vir Oktober maand
Dis 01 Oktober en nou AMPTELIK lente – Die mooiste mooiste maand.
Dink net hoe wonderlik moet dit wees om oral so ver as wat jy af ry in jou woonbuurt, net blommetjies in almal se tuine te sien. Ja ek weet dit werk ongelukkig nie altyd so nie. Sommige woonbuurte is maar leeg en die tuine nie juis voorblad mooi nie. Die grootste rede dalk omdat ons almal eenvoudig net nie meer die geld of tyd het vir groot duur tuine nie. Maar hier is ‘n maklike idee – of dit gaan werk gaan van jou en jou bure afhang:
ONS UITDAGING AAN JULLE:
Wednesday, 2 September 2015
Tuesday, 21 April 2015
Ranunculus (Ranonkels)
In my ma se winter tuin het hierdie pragtige helderkleurige blomme altyd gespog met hul vrolikheid.
Ranunculus (of soos ons sommer se Ranonkels) is wonderlike kleur vir enige tuin in die winter en dis ook 'n baie maklike blom om te plant. Kry jou pakkie blombolletjies by die kwekery en plant soos agterop aangedui. Dis letterlik 'n geval van "druk in die grond en gee water". So maklik. Hulle is nie vol fimies nie. Volson en water - dis die belangrikste. Hulle blomtyd is so vanaf Julie tot September en as hul klaar geblom het kan jy die bolletjies uithaal en op 'n droe plek bere tot jy hul volgende jaar weer wil plant.
(April maand is 'n goeie tyd om hul in die grond te kry - so plant nou.)
Ranunculus (of soos ons sommer se Ranonkels) is wonderlike kleur vir enige tuin in die winter en dis ook 'n baie maklike blom om te plant. Kry jou pakkie blombolletjies by die kwekery en plant soos agterop aangedui. Dis letterlik 'n geval van "druk in die grond en gee water". So maklik. Hulle is nie vol fimies nie. Volson en water - dis die belangrikste. Hulle blomtyd is so vanaf Julie tot September en as hul klaar geblom het kan jy die bolletjies uithaal en op 'n droe plek bere tot jy hul volgende jaar weer wil plant.
(April maand is 'n goeie tyd om hul in die grond te kry - so plant nou.)
Monday, 30 March 2015
Sweetpeas / Pronkertjies
Dis tyd om Sweetpeas / Pronkertjies te saai.... en dis maklik: Soek 'n sonnige plekkie in jou tuin want hul hou van volson. Jy het twee keuses - die dwerg soort of die soort wat rank. (Laasgenoemde is my gunsteling want dit voel altyd vir my hulle blom sommer net meer en makliker.) Natuurlik as jy die rank soort kies, moet jy net sorg dat hul rankplek het. Dus is 'n ou ogiesdraad heining die ideale plek om toe te rank met pragtige blomme wat heerlik ruik.
Tuesday, 30 September 2014
Maak self kos vir snyblomme.
SLIM IDEE: Maak self kos vir snyblomme.
Gooi 10 ml strooisuiker, 1,25 ml bleikmiddel en 10 ml suurlemoensap by een liter water in ’n vaas en roer tot die suiker opgelos het.
Monday, 12 May 2014
Hoe kan ek proteas droog dat hulle hul pienk kleur behou?
JY KAN jou eie blomme en loof droog en ’n rangskikking maak wat jare lank sal hou.
Laat staan blomme en loof in skoon gliserien tot solank die spesifieke blom of blaar deurtrek is. Dit sal leeragtig word, maar tog sag bly.
In plaas van skoon gliserien kan jy ook ’n mengsel van een deel gliserien en een deel water vir dié doel gebruik.
Friday, 25 April 2014
Plant nou blomme in jou tuin
Dit raak nou winter en dit beteken dis tyd om blombolle te plant. Ja, jy kan al so vroeg soos Julie maand al Ranonkels in jou tuin he en hierdie pragtige blomme lyk darem mooi as hul in 'n groot groep bymekaar geplant word. Freesias is weer 'n blom wat volgens my altyd lente aankondig. So soek 'n plekkie in jou tuin en begin hierdie naweek plant. Plant tyd: April / May. Hier is 'n paar idees van blombolle en inligting oor hul blomtyd:
Thursday, 24 April 2014
Blomme wat hulself weer saai in jou tuin
Daar is goeie nuus vir die "minder ywerige tuiniers", wat steeds hou van pragtige blomtuine, maar eenvoudig nie kans sien vir elke jaar nuwe blomme plant nie. Of dalk sien jy nie kans vir die geld wat jy moet uitgee elke jaar vir nuwe blomplantjies nie.
As jy hierdie jaar die moeite gedoen het om 'n stukkie grond voor te berei en saadjies te saai, mag jy volgende jaar weer beloon word met 'n pragtige blom bedding. Hier is 4 blomme wat hulself weer sal saai in jou tuin:
As jy hierdie jaar die moeite gedoen het om 'n stukkie grond voor te berei en saadjies te saai, mag jy volgende jaar weer beloon word met 'n pragtige blom bedding. Hier is 4 blomme wat hulself weer sal saai in jou tuin:
Monday, 24 March 2014
Naweek blomplant werk
As jy graag hierdie jaar ook ‘n mooi blomtuin wil he, is dit nou die tyd om saad te begin saai. Daar is honderde soorte blomme wat nou (April) geplant / gesaai kan word en wat beslis ‘n pragtige blomme tuin sal oplewer. Hier is ‘n paar om jou aan die gang te kry:
Wednesday, 12 February 2014
Laat jou rose langer hou
As jy rose gekry het wat ’n ruk nie in water was nie, moet jy dit agt tot 12 uur kans gee om weer vars te lyk. Met behoorlike sorg behoort jou rose binne die volgende paar dae te blom.
Tuesday, 8 October 2013
Om rose vinniger te laat oopgaan
Om rose vinniger te laat oopgaan, hou die roos se steel onder warm water, sny dit teen ’n hoek van 45° af en sit dit dan in ’n vaas met water teen kamertemperatuur (sowat 20°C).
Thursday, 13 December 2012
Rose in potte
Rose sal floreer in potte solank jy mooi na hulle kyk. Hier is 'n paar wenke wat jy gerus kan gebruik om suksesvol rose in potte te kweek in en om jou huis:
Friday, 28 September 2012
Pastel kleur in jou tuin

Wednesday, 19 September 2012
Zantedeschias vir 'n sonkolletjie in jou tuin
Zantedeschias - In Suid Afrika is hulle beskikbaar by kwekerye tot Oktober en kan nog geplant word tot November.
Friday, 7 September 2012
September en rose
Hierdie naweek as jy rose in jou tuin het, koop Koinor en gooi elke roos nat daarmee (soos aanbeveel op plamfet). Dit beskerm jou rose teen goggas vir tot 6 maande. Werk ongelooflik goed en ek gebruik geen ander middel meer nie.
Friday, 31 August 2012
Hangmandjies om die tuin op te vrolik
Hangmandjies kan jou tuin se vaal kolle mooi opvrolik. Petunia Milion Bells is die perfekte plant om te gebruik. Hier is drie maklike stappe wat sal help om jou mandjies mooi te hou:
Wednesday, 1 August 2012
Kry jou tuin reg vir lente en somer
Niemand op ons FB blad kon omtrent meer wag om te begin plant nie. Wel Augustus is nou die maand in SA waar jy maar amptelik kan saai tot jou hartelus. (In baie koue streke wag dalk maar net bietjie to later in die maand.) Hier is 'n lys van blommetjies om jou aan die gang te kry:
Tuesday, 10 July 2012
Lente en somer kleur
Julie maand is die regte tyd om Glads / Gladiolus in jou tuin te plant. Die bolletjies behoort nou oral beskikbaar te wees. 'n Oulike wenk is:
Wednesday, 4 July 2012
Julie - Roos snoei maand....of nie?
Ek dink as daar nou een mens is wat weet waarvan hy praat as dit kom by rose, is dit Ludwig Taschner. Julie maand is in SA roos snoei maand en baie mense is nogal skrikkerig hiervoor. Daar is egter goeie nuus vir die tuiniers wat nie "snoei-kenners" is nie. Tuiniers soos ek en jy wat lief is vir rose, maar nie altyd dalk die tyd het of die kennis om te snoei en spuit waar en wanneer nodig nie.....
Hier is 'n stukkie wat ek aanhaal uit sy nuusbrief, wat dit net weereens beklemtoon hoe maklik dit eintlik kan wees om rose in jou tuin te hê......
Subscribe to:
Posts (Atom)

















