Dalk het jy roosmaryn in jou tuin of tiemie en jy het geen idee hoe om dit te droog of te spaar vir die dae vorentoe nie.
Showing posts with label Tuin - Kruie. Show all posts
Showing posts with label Tuin - Kruie. Show all posts
Wednesday, 3 June 2020
Friday, 17 July 2015
Om kruie in die winter te kweek, is eintlik doodmaklik
Om kruie in die winter te kweek, is eintlik doodmaklik.
Heelwat van die gewildste kruie kan die winter oorleef, veral die geharde soorte soos tiemie, origanum, pietersielie, roosmaryn en salie.
Hulle moet egter minstens vier uur per dag sonlig kry en nie in die trek van 'n koue wind wees nie. Moet hulle ook nie te veel water gee nie. Gooi net nat as die grond droog is. Hier is 'n paar van die kruie wat jy met sukses in jou wintertuin kan kweek.
Wednesday, 6 May 2015
Kruiepotjies
Kruiepotjies
Gebruik metaal-emmertjies vir potte. Ons het die emmers gedécoupage met foto’s van ons kruiemerkers en ander tuingereedskap wat in swart en wit uitgedruk is, maar jy kan ook geskenkpapier of servette gebruik.
Jy benodig
• metaal-emmertjies
• prente van jou keuse
• grys aanspuit-onderlaag
• wit spuitverf
• verf vir die handvatsel
Tuesday, 26 March 2013
Roosmaryn steggies - Maklik in 5 stappe.
Maak steggies van jou roosmaryn plantjie in jou tuin. (Dit kan later oulike geskenke wees vir vriende en vriendinne. Roosmaryn is mos ietsie wat almal kan gebruik.) Hier is 5 maklike stappe om te volg. Dis so maklik enige iemand kan dit doen.
Tuesday, 12 March 2013
Kruie in jou kombuis
Omtrent almal van ons het ou mandjies wat erens dalk in die motorhuis lê en stof vergader of dit maak erens in jou huis net die kas oorvol. Hier is 'n oulike idee wat jou kombuis sommer in 'n kits gaan verander in 'n Italiaanse paradys:
Tuesday, 3 July 2012
Kruisement Mentha spicata
Van al die kruiesoorte groei kruisement sekerlik die maklikste. Groenment is die algemene tuinment wat ons ken, maar probeer gerus ook ander variëteite soos peperment, sjokoladement, appelof selfs pynappelment.
Kweekwenke
• Ment sukkel om van saad te kweek – koop eerder ’n plantjie. Hy verdeel maklik vir nuwe plantjies. • Die meeste mentsoorte is indringend. Plant dit in ’n pot óf sommer pot en al in die bedding of in swaar kleigrond naby ’n kraan.
• Plant in halfskadu (kan ook in volson floreer) in effens klam grond. Maak seker die grond droog nooit heeltemal uit nie.
• Die plante is meerjarig en sal in die winter doodgaan, maar in die lente gou weer uitloop.
Thursday, 15 March 2012
Kerwel - Anthriscus cerefolium
Kerwel, ’n lid van die wortelfamilie, het ’n delikate geur wat onontbeerlik is in Franse fines herbes, ’n tradisionele fyngekapte kruiemengsel wat byna altyd kerwel, grasuie, pietersielie en dragon insluit.
Friday, 13 January 2012
Helichrysum (Kooigoed, Licorice plant, Silver bush)
Hier is ‘n handige plant wat ter selfde tyd ‘n pragtige struik is vir enige tuin. Ek het al in gastehuis tuine geloop waar hierdie struik ‘n skouspel maak tussen ander struike wat ek nie kan oorvertel nie, so dis beslis iets om oor na te dink, veral as jy soek na iets wat mooi kontras sal gee. Hierdie plant kom natuurlik voor in die Wes-Kaap (Jonkershoek en Sederberge), Oos-Kaap en ook in KZN en hou van volson. Tuesday, 3 January 2012
Mint
As die mint in jou tuin besig is om lang bene te kry en nie meer mooi lyk nie, is dit nou die regte tyd om hulle 'n somer-snoei te gee en sommer ook die blaartjies te gebruik.
Friday, 28 October 2011
Medisinale Kruie
(Onthou om altyd ‘n dokter te raadpleeg voor jy kruie as medisyne gebruik.)
- Artritis en rumatiek: Centella asiatica, wilger en duiwelsklou.
- Bednatmaak: Marjolein en kattekruid.
- Bloedsomloopprobleme: Bokwiet, gesiggie, cayenne-peper, gemmer
- Geheueverlies en vergeetagtigheid: Salie, ginkgo biloba en centella.
- Haargroei: Brandnetels en roosmaryn.
- Hoë bloeddruk: Nieskruid, meidoring en seldery.
- Hoë cholesterol: Gemmer, hawer en gars.
- Hoes en verkoue: Salie, peperment en teeboom.
- Hoofpyn: Viooltjies, vinkel en laventel.
- Jig: Seldery en brandnetels.
- Lewertoestande: Melkdistel, perdeblom en pietersielie.
- Spanning, angs en slapeloosheid: Kamille, sitroenkruid en laventel.
- Veltoestande: Aloe Vera, nieskruid, vlierblomme, reuse-aandblommetjie, komkommerkruid en gousblom.
Monday, 3 October 2011
Thursday, 29 September 2011
Roosmaryn
Waar plant jy dit?
· Roosmaryn is sonliefhebbers en soek minstens vier tot sewe uur son elke dag.
· Plant roosmaryn in grond wat goed dreineer.
Tuesday, 27 September 2011
Koljander Coriandrum sativum
Die kenmerkende smaak en geur van vars koljander laat smulpape – veral dié wat van kerrie en Oosterse geregte hou – gereeld ’n loflied sing.
Kweekwenke
• Koljander is ’n jaarplant en word sowat 45-60 cm hoog. Plant in volson of halfskadu in ligte sanderige grond wat goed dreineer en met baie organiese materiaal verryk is. Die plant het baie water nodig.
• Saai die saad in die lente of herfs, anders sal dit te vinnig saad skiet. Dit behoort binne 2-3 weke te ontkiem. Koljanderblomme lok voordelige insekte soos liewenheersbesies en gaasvlieë.
Tuesday, 23 August 2011
Grasuie - Allium schoenoprasum
Dié meerjarige polvormige kruiebossie is familie van uie en knoffel – en net so nuttig in die kombuis.
Kweekwenke
• Plant in volson of halfskadu in ryk grond.
• Plant in die tuin, of in potte mits die grond met genoeg kompos en beenmeel verryk word. In koue streke vrek die plante in die winter, maar loop weer uit in die lente.
• Grasuie hoort by wortels, pietersielie, appels, spanspek, komkommer, beet, blaarslaai en appelliefies.
Oeswenke en gebruike
Wednesday, 17 August 2011
Knoffel
Knoffel het oor eeue heen een van die gewildste kos- en medisinale bestanddele gebly, al laat die geur party mense swymel en ander skewebek trek.
Knoffel se geur word bepaal deur die ouderdom en variëteit van die bolle, maar grootliks deur die gaarmaakmetode en hoe dit gesny word.
Dragon Artemisia dracunculus
Die Franse noem dragon die “koning van kruie”, en nie sonder rede nie: dis die vernaamste geurmiddel in talle van hul roomsouse wat die grondslag van die klassieke Franse kookkuns uitmaak, soos béarnaise en Tartaarse sous.
Monday, 15 August 2011
Basiliekruid of Ocimum basilicum
Basiliekruid werk uitstekend saam met alle tamatiegeregte.
Kweekwenke
• Plant in die hoogsomer in volson of halfskadu en gee gereeld vloeibare kunsmis.
• Basiliekruid aard in potte en tuinbeddings. Gee genoeg water in die somer en maak seker die grond dreineer goed.
• Eenjarige basiliekruid word tussen 30 cm en 60 cm hoog. Meerjarige basiliekruid is meer gehard en smaak effens anders.
Monday, 1 August 2011
Oranje en Geel vir die tuin
Nasturtium / Kappertjies
Rankplant wat eetbare blommetjies in kleure van rooi, oranje en geel dra.
Hou van volson, maar sal doen met ‘n bietjie skadu in die namiddag. Maklike plantjies om te groei en hulle saai hulself elke jaar.
Plant hul naby tamaties, aarbeie, komkommer en boontjies om die goggos weg te hou.
Hulle blom van lente tot herfs.
Maak seker jy kyk vroegoggend wanneer die dou op hierdie ronde groen blare lê – Dis net te pragtig. Perfekte druppeltjies word gevang op die blare en skitter soos diamante
Rankplant wat eetbare blommetjies in kleure van rooi, oranje en geel dra.
Hou van volson, maar sal doen met ‘n bietjie skadu in die namiddag. Maklike plantjies om te groei en hulle saai hulself elke jaar.
Plant hul naby tamaties, aarbeie, komkommer en boontjies om die goggos weg te hou.
Hulle blom van lente tot herfs.
Maak seker jy kyk vroegoggend wanneer die dou op hierdie ronde groen blare lê – Dis net te pragtig. Perfekte druppeltjies word gevang op die blare en skitter soos diamante
Thursday, 21 July 2011
Balsem Kopiva in jou tuin
Bulbine frutescens – Balsemkopiva
‘n Pragtige en vrolike plant vir jou tuin wat oulike randplante uitmaak asook houer plante. Die plantjie groei maklik. Jy druk eenvoudig ‘n stukkie in die grond en omtrent drie weke later het jy ‘n nuwe plantjie. Balsemkopiva plantjies benodig nie baie water nie, so dis waterslim plante en hulle oorleef taamlike swaar ryp redelik maklik. Kan oorleef op baie droë gebiede. Hou van volson. Dis ‘n eg Suid Afrikaanse plantjie met baie medisinale waarde. Die blaarsap word gebruik vir onder andere sere, skrape, gebarste lippe, aknee, liddorings, omlope en insek bytplekke. (Daar is nog vele meer.)
Tuesday, 28 June 2011
Tiemie - Thymus vulgaris
Verskeie variëteite van dié spreiende struike is beskikbaar, van donkergroen grondbedekkers tot welige rankstruike.
Kweekwenke
• Tiemie hou van taamlike arm grond, baie sonlig en droë voete. Goeie dreinering is belangrik.
• Vermy ryk tuingrond en oordadige bemesting, anders sal dit geurlose blare en baie
minder blomme produseer.
• Plant tiemie in beddings óf potte. Verdeel ouer plante of koop saailinge of saad.
• Gee in die lente kompos, snoei houtagtige takke uit en gee goed water.
Oeswenke en gebruike
• Hoe meer jy tiemie pluk, hoe meer floreer die plant.
• Suurlemoentiemie is heerlik in kos wat met kruie en speserye berei word. Dis veral lekker saam met seekos- en lamsgeregte.
• Tiemie kan reeds vroeg in die kookproses bygevoeg word omdat die geur nie wegkook nie. Moenie te veel gebruik nie.
WEET JY?
Tiemie is gelukkig op ’n vensterbank en die plant het nie baie aandag nodig nie.
(Kyk onder resepte vir oondgeroosterde tamaties met tiemie)
Subscribe to:
Posts (Atom)

















