Wednesday 7 November 2012

Gemmer- en rooibosdrankie




Zelda Geldenhuys Griessel
 
(Vrouekeur)

125 ml gemmerstroop *
500 ml rooibostee
250 ml lemoensap
1 suurlemoen, in dun skyfies
handvol vars kruisementblare

Meng die gemmerstroop, rooibostee en lemoensap. Voeg meer gemmerstroop na smaak by.
Bedien met baie ys, saam met ‘n paar suurlemoenskyfies en vars kruisementblare.

*Om gemmerstroop te maak: Meng ‘n halfkoppie suiker, ‘n koppie water en 10 cm vars gemmerstingel, in ringe opgesny. Smelt die suiker en bring dan tot kookpunt. Kook vir 5 minute.

WENK Om die as ‘n skemerkelkie voor te sit, kan jy ‘n sopie brandewyn of jenewer byvoeg.