Wednesday 7 November 2012
Botterbroodjies
Bestanddele:
1 pakkie bruismeel – 500gram (ek gooi sommer so halwe teelepel bakpoeier ook by – net vir die wis en die onwis)
1 blikkie lemonade – 200ml (die klein maer enetjie)
1 houer vars room – 250ml
1 knippie sout
Metode:
Meng als saam.
Op ‘n oppervlak wat met meel besprinkel is, druk die mengsel plat na jou voorkeur (een cm dik byvoorbeeld). Gebruik sommer jou hande.
Druk skons met ‘n glas of skondrukker uit.
Plaas op gesmeerde oondplaat (of in muffinpan) en bak tot goudbruin – so 20 minute op 180°, afhangende van hoe vinnig jou oond is. Maak tee en geniet!