Thursday 8 November 2012
uitnodiging
Debbie Griesel se oulike idee
(Dit was agter op die uitnodiging geskryf) Psssst....Hi Daar
Hoor jy my?
Ek is so opgewonde en bly!!!
Dis ekke ja,
Klein BABATJIE (baba van)Roos
En ek het vir jou `n gunsie kom vra...
Ek kan nie meer wag vir my
Geboortedag,Vir my mamma se liefde en
haar arms om my sag.Toe dink ek, kom ons hou
`n ooievaarstee, sodat jy vir my mamma `n
persentjie en raad kom gee.
Die Here is ampertjies klaar met my.
(Ek moet net nog `n sterk
paar longetjies kry)
Ek sal my vlerkies moet ingee;
sien, dis wat God van my vra
Maar ek sal enigiets doen vir `n
hemelse mamma soos (mamma se naam)Melissa