Tuesday, 25 September 2012

Pizza deeg (3 resepte)

Charlotte Lindeque
 
Ingredients
500 grams plain flour
1 1/2 teaspoon sugar (8 grams)
2 teaspoons dried yeast (8 grams)
3/4 teaspoons salt (4 grams)
300 mls water
1 1/4 tablespoon olive oil (20 mls)
Dissolve your dried yeast and sugar in a bit of your lukewarm water and stir well. Let the yeast sit for 20 minutes. Sift the flour, add the olive oil and the salt to it, and then the yeast and the rest of the water. Knead well - this takes 10 to 15 minutes! Then let the dough sit for 2 hours to prove. Knead again, roll out and it's ready to use.
Bake your pizza in the oven at maximum temperature. Yes, that's full whack. A pizza oven does 350 C, so if your oven does less (and it does), crank it up to the max.
 
Stien Rust
 
My suster se een seun Jaco het hierdie resep lank terug vir my gegee en ek het dit altyd gebruik as ek my eie deeg wil maak. Ek weet net nie of almal vandag nog 'n elektriese braaipan het nie.

Pizza deeg
1 kg SR meel (500 gr = 4 pizzas)
Knippie sout
Origanum na smaak
1 eetlepel olie
2 pakkies gis
melk/water

Meng alles saam, deeg moet nie te pap of te styf wees nie. Rol uit, nie te dun ± 1 cm en sny bord grootte. Smeer braaipan met olie vir elke pizza en bak deeg. Sit vulsel op en bak in mikrogolfoond vir ± 2 min. of in oond op 180 grade C.
 
Odette van der Mescht
 
Hierdie is seker die maklikste en vinnigste pizza deeg wat jy kan kry.

500 ml bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie

sout

Gooi alles saam in 'n houer en skud. Smeer op pan. Smeer tamatie en uie smoor bo-oor en dan die vulsel van jou keuse. Strooi mildelik kaas oor en bak tot gaar.