Monday, 20 July 2020

Geure uit die valley - Rogbrood


Die van julle wat van 'n ligte Rogbrood hou sal hierdie maklike resep vreeslik geniet. Bedien die brood vir ontbyt of gebruik dit om jou gunsteling toebroodjie mee te maak. Lekker middag vir almal.
Ligte Rogbrood
Maak 1 brood
1 ½ koppies (375ml) Rogmeel
1 ½ koppies (375ml) Bruinbroodmeel
1 koppie (250ml) Ongegeurde Jogurt
¾ koppie (180ml) Water
1 eetlepel (15ml) Kitsgis
1 teelepel (5ml) Sout of na smaak
1 teelepel (5ml) Anyssade, optioneel
Metode:
Plaas beide tiepes meel in ‘n groot mengbak, voeg die sout, kitsgis en anyssade by en roer om die bestanddele te meng.
Meng die water en die jogurt saam voordat jy dit by die meel inmeng, roer met ‘n houtlepel tot ‘n deeg begin vorm, jy kan die deeg vir ‘n paar minute knie op jou werksoppervlak. Plaas die deeg terug in die mengbak, bedek die bak met kleefplastiek en laat die deeg vir ‘n uur of selfs langer rus voordat jy die brood vorm.
Gooi die deeg uit op jou werksoppervlak wat liggies bestrooi is met meel, jy sal oplet dat die deeg baie makliker is om mee te werk na die rus. Vorm die deeg in ‘n ronde bal en plaas die deeg op ‘n bakplaat wat jy uitgevoer het met bakpapier. Bedek die deeg met die mengbak en laat dit vir sowat 40 minute rys.
Intussen kan jy die oond verhit tot 180°C.
Verwyder die mengbak en bestrooi die brood met meel, sny die brood twee keer bo-oor en bak die brood vir 1 uur.
Verwyder die brood uit die oond en laat dit afkoel tot kamertemperatuur voordat jy dit sny.
Wenk:
As jy tekstuur in die brood wil hê kan jy 60ml. gemengde sade by die deeg inmeng. Ek gebruik ‘n mengsel van pampoen-, lyn-, sonneblom- en sesamsade.
Light Rye Bread
Makes 1 Loaf
1 ½ cups (375ml) Rye Flour
1 ½ cups (375ml) Brown Bread Flour
1 cup (250ml) Plain Yoghurt
¾ cup (180ml) Water
1 tablespoon (15ml) Instant Yeast
1 teaspoon (5ml) Salt or to taste
1 teaspoon (5ml) Anise Seeds, optional
Method:
Place both types of flour into a large mixing bowl followed by the instant yeast, salt and anise seeds, stir briefly to mix the ingredients together.
Mix the water and the yoghurt together before adding it to the mixing bowl and stir the mixture with a wooden spoon to form a dough. Work the dough until all the flour has been absorbed, you can knead the dough on your work surface for a few minutes until smooth, replace the dough into the mixing bowl and allow it to proof for an hour or even longer.
After the resting period, scrape the dough onto a lightly floured surface and shape the dough into a ball. You will notice that the dough is now much easier to work with than before. Place shaped dough onto an oven tray lined with baking paper, cover the bread with the mixing bowl and allow it to rise for about 40 minutes.
In the mean time you can preheat the oven to 180°C.
Remove the mixing bowl, dust the dough with some flour and score the surface of the bread twice, place the bread into the oven and bake for 1 hour.
Remove the bread from the oven and allow to cool to room temperature before slicing.
Notes:
If you want to add some texture to bread add 60ml of mixed seeds of your choice to the dough. I normally add a mixture of sunflower-, lin-, pumpkin- and sesame seeds.