Mense dit lyk lekker.
Maak 1 Brood
3 koppies (750ml) Witbroodmeel
1 ½ koppies (375ml) Water
1 teelepels (5ml) Kitsgis
Sout & Peper na smaak
2 eetlepels (30ml) Gemengde vars Kruie, fyngekap
Metode:
Plaas die witbroodmeel in ‘n groot mengbak tesame met die kitsgis, sout & peper en die vars kruie, roer om al die bestanddele te meng en maak ‘n holte in die middel van die meel.
Giet die water en die olyfolie in die mengbak en roer met ‘n houtlepel of jou hand tot ‘n deeg begin vorm. Jy kan die deeg in die mengbak knie tot glad en elasties of jy kan die deeg op jou werksoppervlak knie. Die deeg moet glad nie taai of klewerig wees nie, as dit die geval is kan jy die deeg vir nog ‘n minuut of twee langer knie.
Plaas die deeg terug in die mengbak en bedek dit met kleef plastiek of ‘n klam lappie. Laat die deeg vir twee ure of selfs langer rus. Hoe langer jy die deeg laat rus hoe beter sal die smaak en die tekstuur ontwikkel.
Sodra jy gereed is om te bak kan jy die deeg uitkeer op jou werksoppervlak en in ‘n bal vorm en dan op ‘n bakplaat plaas wat jy uitgevoer het met bakpapier. Bedek die brood met ‘n mengbak terwyl dit finaal rys vir sowat 30-40 minute. Die tydperk van die finale rys sal bepaal word deur die temperatuur in jou kombuis, hou die deeg dop want sodra dit mooi uitgerys het kan jy bak.
Intussen kan jy jou oond verhit tot 200°C.
Sodra die brood gereed is vir oond kan jy die oppervlak van die brood twee keer met ‘n skerp mes sny, sowat 5mm diep, wat sal help dat die brood hoog rys gedurende die bakproses.
Plaas die brood in die oond en bak vir sowat 60 minute of tot jou brood bros en goudbruin is.
Verwyder die brood uit die oond en laat dit afkoel voordat jy dit sny.
Crusty White Bread with fresh Herbs
Makes 1 Loaf
3 cups (750ml) White Bread Flour
1 ½ cups (375ml) Water
1 teaspoon (5ml) Instant Yeast
Salt & Pepper to taste
2 tablespoons (30ml) Mixed Fresh Herbs, finely chopped
2 tablespoons (30ml) Olive Oil
Method:
Place the white bread flour in a large mixing bowl and add the instant yeast, salt & pepper and the mixed herbs to the bowl. Stir the ingredients briefly to mix them and then make a well in the centre.
Pour the water and olive oil into the mixing bowl and stir the mixture with a wooden spoon until a dough starts to form.
You can knead the dough in your mixing bowl if you want but I find it easier to do so on the work surface. Knead the dough for a couple of minutes until it is smooth and elastic, it should not be sticky at all and very easy to handle.
Place the dough back into the mixing bowl, cover the bowl with clingfilm or a damp towel and allow it to rest for at least 2 hours or more. The extended resting period will allow for more flavour to develop in your dough, the finished product will also have a more chewy texture.
Tip the dough out onto your work surface and shape it into a ball, place it on a baking tray lined with baking paper and cover it. Allow the dough to rise for about 30-40 minutes, depending on the temperature in your kitchen.
In the meantime you can preheat your oven to 200˚C. When you are ready to bake simply score the surface of the dough and place it in the oven.
Bake the bread for 60 minutes until crusty and golden brown.
Remove the bread from the oven and allow it to cool completely before slicing.