Thursday 20 September 2018

Pienk Poeding



Pienk Poeding
2 pakkies, 80g elk, rooi jellie
1 k kookwater
1 k koue water
625 ml melk
62,5 ml vlapoeier
1 k suiker
2 ml sout
3 eiers, geskei
☆Smelt jelliepoeier in kookwater. Voeg koue water by. Meng 125 ml van die melk met die vlapoeier, suiker, sout en eiergele. Verhit die res van die melk tot kookpunt, roer die vlamengsel by en kook tot dik en gaar. Voeg die jellie by en meng baie goed. Laat die mengsel afkoel totdat dit dik is en net‑net wil stol (sommer in die vrieskas ongeveer 40 min). Klits die eierwitte tot styf en vou dit in die jelliemengsel in. Gooi uit in mooi poedingbak en laat stol in yskas.
Versier soos verkies.
Lewer 6 ‑ 8 porsies.
☆Opsioneel:
Kan 1 blikkie koejawels, gedreineer, en fyngedruk saam met eierwitte by poeding in meng.