Thursday 20 September 2018

ONTBYT VRUGTESLAAI-GLASIE



ONTBYT VRUGTESLAAI-GLASIE
LEWER 1 porsie
125ml (½k)vrugteslaai
200ml natuurlike vetvrye jogurt
125 ml (½ k) muesli
mentblare vir afronding (opsioneel)
1 Verpulp die helfte vandie vrugteslaai en meng met die jogurt.
2 Sprinkel die muesli onderin n glas en skep die jogurt bo op.
3 Rond af met die orige vrugteslaaiblokkies en ment (indien verkies).

AARBEI-SMOOTHIE
LEWER 1 porsie
100ml natuurlike laevet-jogurt
50 ml aarbeijogurt
125 ml (½ k) vars bessies of aarbeie
½piesang, in stukke gesny
mentblare vir afronding (opsioneel)
1 Plaas al die bestanddele in n voedselverwerker,maar hou n paar vrugte eenkant vir afronding. Verwerk tot glad.
2 Giet in n glas en pak die vrugte bo op. Rond af met die ment (indien verkies). Vries die piesang vooraf vir n dik smoothie.