Friday, 7 September 2018

Maalvleis-mielie gebak



Maalvleis-mielie gebak
Bestanddele
1 ui, gekap
2 knoffeltoontjies, gekap
2 tamaties, gekap
500ml maalvleis
of 2 blikkies boeliebief
1 klein blikkie bone
1 klein blikkie heelpitmielies
3 eiers, geklits
kwart koppie melk/room
sout en peper
3 koppies kaas gerasper
Metode
Braai ui, tamatie en knoffel in olie.
Sodra deurskynend, voeg vleis by.
Roer en braai.
Dreineer blikkies.
Voeg by.
Meng melk, eiers en sout en peper.
Neem vuurvaste oondbak.
Plaas vleimengsel onder in.
Bedek met eiermengsel.
Bak teen 180grade vir 20 minute.
Haal uit, strooi kaas oor.
Bak vir 'n verdere 10 minute.
RSG