Friday, 7 September 2018
Heinrich se rus-rus melanzane
Heinrich se rus-rus melanzane
Bestanddele
4 eiervrugte, in skywe gesny
350 g mozarella, gerasper
150 g parmesaan, gerasper
growwe sout
Sous
1 ui, gekap
2 eetlepels tamatiepuree
1½ liter geblikte tamaties
2 teelepels bruinsuiker
handvol vars basiliekruid
sout
4 knoffeltoontjies, fyngemaak
Metode
Strooi growwe sout op die eiervrugskywe.
Laat dit vir 'n uur lank sweet.
Spoel dit af met water, en druk droog met vadoek.
Braai die eiervrug in vlak olie tot bruin en hou eenkant.
Braai die ui tot deurskynend.
Voeg die res van die sous se bestanddele by.
Prut vir 25 minute.
Pak die volgende lae in 'n oondbak (herhaal 3 keer):
- Tamatiemengsel
- Eiervrug
- Parmesaan en mozarella.
Bak teen 180 grade vir 40 minute.
RSG