Wednesday 8 August 2018

SJOKOLADEKOEK MET ‘N KINKEL



SJOKOLADEKOEK MET ‘N KINKEL
½ koppie Kakao
1 ½ koppie Suiker
¼ teelepel Sout
1 teelepel Vanieljegeursel
½ koppie Kookolie
1 ¾ koppie Koekmeel
3 teelepels Bakpoeier
1 koppie swart Koffie
4 Eiers
Verhit oond tot 180˚C
Gooi koffie oor kakao en meng en laat afkoel
Smeer of spuit ‘n groot oondpan en voer uit met waspapier – spuit weer en sprinkel met koekmeel
Meng koekmeel, bakpoeier en suiker . Maak ‘n holte in die middel van die mengsel en gooi die kakaomengsel by.
Daarna die geursel, ongeklitste eiergele en die kookolie. Meng deeglik.
Klits die eierwitte styf en vou dit in.
Bak vir 15 minute en toets met ‘n toetspen of die koek gaar is.
Keer versigtig uit op ‘n klam (skoon / nuwe) vadoek en trek die waspapier af.
Besluit hoe hoog die koek moet wees en sny die koek dwars in twee of drie dele.
Rol dit op soos ‘n rolkoek met die klam vadoek.
Laat afkoel.
Rol koek oop en smeer vulsel op eerste gesnyde gedeelte en rol op. Gebruik vulsel om res van gedeeltes te smeer en aan die eerste te heg om ‘n dik rolkoek te maak.
Draai rolkoek dat dit op die platkant staan en versier met versiersel en raspe wit sjokolade Bo-oor
VULSEL
250 g Botter of Margarien
500 g Versiersuiker
125 g gladde Maaskaas
5 ml Vanieljegeursel
Klits alles saam tot lig en donsig.
VERSIERSEL
2 koppies Versiersuiker
30 ml Kakao
190 ml sagte Botter of Margarien
125 ml gladde Maaskaas
Klits alles saam tot lig en donsig