Wednesday 8 August 2018

CHOCOLATE TRUFFLE LOG



CHOCOLATE TRUFFLE LOG
250 g Scotts vinger beskuitjies
2x 180 g goeie kwaliteit donker sjokolade
80 g ongesoute botter
1/3 koppie Kakao
1 blik kondensmelk
Ekstra 40 g donker sjokolade
Winkel gekoopte truffles vir versiering
Ekstra kakao om oor te sif.
Hierdie resep sal werk in enige 26x8x4.5 cm bar tin of in n 20x10 x7 broodpannetjie.
Smeer die pannetjie en voer met bakpapier ui.Breek die beskuitjie grof.
Ek sit dit in n plastiek sakkie en slaan met n rolstok.
Breek die sjokolade en sit n n kastrol.
Voeg die botter,kakao en kondensmelk by. Smelt oor lae hitte.
Gooi die beskuitjie stukkies by en roer tot goed gemeng..skep in die pannetjie en druk goed in en maak gelyk bo op.
Sit in yskas vir ten minste 4 ure tot goed geset.
Haal uit en sit op n opdien bord.
Sit die ekstra sjokolade in n mikrogolf bakkie en smelt by 50%.
Gebruik dit om die truffles bo op die log mee te plak of versier soos verkies.
Sif met n bietjie kakao .