Wednesday 8 August 2018

Roelene se lewerkoekies



Roelene se lewerkoekies
Bestanddele
1kg beeslewer, gemaal
¾ teelepel sout
¼ teelepel braaivleisspeserye
knypie witpeper
2 uie, gerasper
4 wortels, gerasper
4 medium aartappels, gerasper
3 eetlepels asyn
7 teelepels bakpoeier
1 koppie koekmeel
Metode
Meg die lewer, sout, braaivleisspeserye, peper, uie, wortels, aartappels en asyn.
Sif die meel en bakpoeier saam, en voeg dit by die vleismengsel.
Meng goed.
Verhit vlak olie in 'n pan.
Skep die mengsel met 'n eetlepel in die pan, en braai aan albei kante tot gaar.
(RSG)