Wednesday 8 August 2018



Bertus Brunch (Frikkadelgroente)
Bestanddele
3 murgpampoentjies, gerasper
3 wortels, gerasper
3 geel patty pans, gerasper
1 eier, geklits
1 ui, gerasper
sout en witpeper
1 ui, in ringe gesny
Metode
Meng die gerasperde groente.
Voeg sout en peper by.
Voeg die eier by.
Meng goed.
Vorm plat bolletjies.
Plaas elke bolletjie in 'n uiering.
Bak dit in vlak olie in 'n pan tot gaar.
Jy kan dit ook in 'n muffinpan bak.
Bedien met wors en eiers.
(RSG)