Wednesday 8 August 2018

Jan se rosiekoek (Maalvleiskoek)



Jan se rosiekoek (Maalvleiskoek)
Bestanddele
1 kg maalvleis, gaargemaak volgens jou eie frikadelresep
6 groot aartappels, fyngemaak tot kapokaartappels
1 ui, gekap en bruingebraai
1 koppie gaar ertjies
1 pakkie spek, in blokkies gesny en bros gebraai
kaas, gerasper
Metode
Deel maalvleis beslag in twee, en voeg dit in twee gesmeerde koekpanne.
Bak vir 30 minute teen 180 grade tot gaar.
Smeer die een maalvleiskoek met die kapokaartappels.
Bedek dit met die ui, en strooi die ertjies oor.
Plaas die ander maalvleiskoek bo-op.
Smeer die bokant met kapokaartappels.
As jy dapper is, kan jy die kante van die koek ook smeer met kapokaartappels, soos jy 'n koek versier.
Rangskik die spekstukkes bo-op, sit 'n paar ertjies op, en strooi die kaas oor.
Jy kan ook rosies op koek maak deur kapokaartappel uit 'n versiersuiker buis te druk.
Verhit in die oond voor opdiening.
(RSG)