Wednesday 8 August 2018

Bertus se troosbredie



Bertus se troosbredie
Bestanddele
1 kg skaapskenkels/hoender
1 kg soetpatat, in ringe gesny
1 kg botterskorsie, gekerf
2 uie, gekerf
2 aartappels, in blokkies gesny
1 blikkie tamatie-en-uiesmoor
1 pakkie wituiesoppoeier
sout en peper na smaak
stampkoring
Metode
Verhit die vleis sonder water in 'n kastrol.
Laat dit vir 30 minute prut.
Voeg res van die bestanddele, behalwe die sop en stampkoring, by.
Laat dit prut vir 'n uur.
Voeg die soppoeier by om die sous te verdik.
Bedien op stampkoring.
(RSG)