Tuesday 28 August 2018

FRIKKADELLE



FRIKKADELLE
BENODIG:
800 g beesmaalvleis
1 ui, geskil en fyn gekap
Sout, na smaak ...
2 teelepels swartpeper
2 eetlepels gekapte pietersielie
4 snye wit brood, geweek in een koppie melk, verwyder dan meeste van die melk sodra die brood lekker nat is
1 eetlepel knoffel, fyn gekap
1/2 teelepel fyn gekapte rissies
1 eier
MAAK SO:
Voeg al die bestanddele saam in ’n bak en meng met die hand goed deur.
Vorm ronde balletjies en druk die balletjies ’n bietjie plat en braai in ’n kastrol in 1 cm olie teen ’n middelmatige hitte tot bruin aan albei kante.

[KAAP, KERRIE EN KOESISTERS]