Tuesday 28 August 2018

EENVOUDIGE SAGO POEDING (MIKROGOLF)



EENVOUDIGE SAGO POEDING (MIKROGOLF)
2 kop melk
½ kop sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetl botter
2 eiers geskei...
⅓ kop suiker
2 ml vanielje geursel
knypie sout
appelkooskonfyt
kaneel
Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute. Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel. Mikrogolf 2 minute op 100%. Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in. Skep die mengsel in ‘n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor. Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor