Friday 6 July 2018

Vinnige Middagete



VINNIGE MIDDAGETE
BENODIG:
6 snye witbrood - fyn gebreek
2 eetlepels botter
300 ml warm melk
6 geklitste eiers
1 pakkie Weense worsies - in dun skywe gesny
Sout en peper na smaak
1 groot pak chips van jou keuse
1 koppie gerasperde kaas
MAAK SO:
Smelt botter in warm melk en meng saam met die brood.
Meng die eiers by die brood en melk.
Gooi sout en peper na smaak en meng goed.
Meng die worsies by en skep in 'n gesmeerde oondbak.
Maak die chips fyn en gooi oor die worsie mengsel.
Strooi kaas bo-oor en bak teen 180°C vir 30 minute.
Geniet.
[RENATA SE KOMBUIS]