Friday 6 July 2018

JAPTRAP ROMERIGE HOENDERSOP



JAPTRAP ROMERIGE HOENDERSOP
4 bekers
BENODIG:
3 pakkies romerige kitssop
540ml water
varsgemaalde swartpeper
sonneblomolie om brood in te braai
sowat 4 snye witbrood, in klein blokkies gesny
gerasperde cheddarkaas om bo-op te sprinkel
MAAK SO:
1. Maak sop met water aan in ‘n kastrol.
2. Geur met baie swartpeper – dit maak ‘n groot verskil aan die smaak.
3. Verhit olie in pan op kole en braai die broodblokkies tot bros.
4. Sprinkel kaas en blokkies bo-op sop.
[deur Barbara Joubert]