Tuesday 24 July 2018

Ontbytworsie in ‘n skilferkorsjas




Ontbytworsie in ‘n skilferkorsjas
Bestanddele
1 eetlepel (5 ml) olie
1 medium ui, in skyfies gesny
1 eetlepel (5 ml) vars tiemie, van die takkies gestroop
sout en varsgemaalde swartpeper
1 rol skilferkorsdeeg (400 g)
6 gaar worsies, ± 12 cm lank
1 eier, geklits
Metode
Verhit die olie in ‘n braaipan oor matige hitte en braai die uie en tiemie tot gaar.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat eenkant afkoel.
Rol die deeg op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak oop. Sny die deeg in 6 vierkante, van ± 10 x10 cm elk.
Merk elke vierkant in 3 ewe groot vertikale stroke (moenie die deeg deursny nie).
Plaas die uie-mengsel met ‘n worsie bo-op in die middelste strook. Sny die buitenste stroke (aan weerskante van die vulsel) in ± 5 horisontale repies.
Vleg die repies liggies bo-oor die worsies en druk die laaste strokie deeg stewig vas.
Verhit die oond tot 200°C terwyl die wors-jassies in die yskas verkoel vir 10-15 minute.
Verf elke wors-jassie met die geklitste eier en bak vir 20-25 minute tot goudbruin.
Verwyder uit die oond en bedien dadelik of pak in kosblikke vir pouse.
(RSG)