Tuesday 24 July 2018

Kleurvolle ontbyt eiernessies



Kleurvolle ontbyt eiernessies
Maak 12 nessies
Spuit ‘n muffinpan met kleefwerende middel of smeer dit met botter
Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius
•12 snye bruin of volgraan brood (korsies kan verwyder word)
•12 groot eiers
Plaas ’n sny brood in elke muffinholte en vorm dit versigtig met jou hande.
Breek ’n eier binne-in elkeen van hierdie broodjies en bak vir 10 minute.
Haal uit en skud liggies om te kyk of die mengsel geset het. Indien nodig, kan dit vir nog 2 minute gebak word.
Haal die eiernessies uit die holtes en plaas op individuele borde. Bedien met die volgende:
•½ pakkie kersietamaties, gehalveer
•½ pakkie babaspinasie, fyn gesny
•’n rooi of geel soetrissie, in blokkies gesny
•Gerasperde kaas
Sprinkel die kaas bo-oor die eiernessies sodra dit uit die oond kom. Plaas dan die ander bestanddele bo-op.