Tuesday 5 June 2018

TUNATERT MET ‘N SALTICRAX KORS



TUNATERT MET ‘N SALTICRAX KORS
KORS
1 Pakkie Salticracks (200g) – grof gekrummel
2 Eetlepels gesmelte botter
1 Teelepel vars knoffel, fyngemaak
VULSEL
1 Blikkie tuna (in water), gedreineer en gevlok
½ Pakkie klein babamieletjies (die tipe wat mens gewoontlik in potjiekos gebruik)
½ Ui, grof opgesny
1 Eier
½ Koppie koekmeel
¼ Teelepel bakpoeier
1 Koppie gerasperde cheddar of enige geel kaas
½ Koppie volroom melk
Sout en peper
Verhit oond tot 180°C.
Meng die salticrax, botter en knoffel saam en druk vas aan die onderkant van ‘n gesmeerde tert pan. Pak die tuna, mielies en ui bo-op die kors. Meng die eier, koekmeel, melk en bakpoeier goed saam. Geur met, sout en peper na smaak en meng goed deur. Voeg die kaas by die eiermengsel en meng deur. Gooi oor die tuna. Bak vir 30 minute. Laat staan vir 5 minute en bedien.
(Chullieliefde)