Tuesday 5 June 2018

MAKLIKE BOONTJIESOP



MAKLIKE BOONTJIESOP
1 kg Beeskookvleis (shin/chuck met baie murg werk lekker)
5 groot uie
1 kg Suikerboontjies oornag geweek in water.
750ml water
2 pakkies Oxtail Soup

2 blokkies Oxtail Aftreksel
4 sakkies tamatie puree
50 - 100ml Worcestershire Sous
2 e sout
METODE:
1. Grof gemaalde swartpeper na smaak (ek gebruik 2-3 e)
2. Kook vleis, water en uie tot vleis van bene af val.
3. 'n Stoompot is die beste en vinngste.
4. Hou al die water waarin die vleis en uie gekook is.
5. Verwyder vleis en ontbeen.
6. Hou eenkant.
7. Gooi nou die boontjies en die water waarin dit geweek is in stoompot en stoomkook tot dit met vingers pap gedruk kan word.
8. Dit neem ongeveer so 15min vandat dit begin stoom het.
9. Gebruik 'n groot pot wat die boontjies en die water van die vleis kan hou asook die ontbeende vleis.
10. Bring tot kookpunt.
11. Meng al die ander bestandele saam en voeg bietjie vir bietjie by die boontjies en vleis.
12. Roer anhoudend want dit brand nou baie maklik.
13. Kook vir 5 min en haal van warm plaat af.
Ps: Kan gevries word in porsie groottes tot 5 maande