Tuesday 5 June 2018

SJOKOLADE PANNEKOEK



SJOKOLADE PANNEKOEK
1 ¼ k (175g) Koekmeel
1 tlp Bakpoeier
4 eetlps (25g) Kakao
½ k (100g) wit suiker
¼ tlp sout
4 ½ eetlps kookolie
2 tlps vanilla extract
1 ½ k (350ml) melk
90g sjokolade, gesmelt
Vrugte, vars of blikkies
Meng droeë bestanddele
Meng die vloeistowwe en meng dan met droeë bestanddele.
Sproei ‘n ‘non-stick’ pan en wanneer die pan warm is, skep ¼ k beslag in die pan. Bak todat die rande ferm is.
Met ’n spatule flip die pannekoek om en bak aan die ander kant tot gaar.
Versier met gesmelte sjokolade en vrugte.

Volgende keer as jy pannekoek bak verdeel die deeg in twee en maak die een gedeelte sjokolade.