Thursday 21 June 2018

Rosyntjie-Speserykoek



Rosyntjie-Speserykoek
Bestanddele
1 k rosyntjies
1 k water
1/2 k sonneblomolie
1 k suiker
1 eier
1 1/3 k koekmeel
1/4 t sout
1 t koeksoda
1 t fyn kaneel
1 t fyn neutmuskaat
1 t fyn wonderpeper
1/2 t fyn naeltjies

Resep Aanwysings
1.Voorverhit die oond tot 180 °C.
2.Plaas die rosyntjies en water in ’n kastrol en verhit totdat die rosyne plomp is. Verwyder van die hitte.
3.Voeg die olie by die rosyntjies en water.
4.Klits die suiker en eier in ’n bak saam.
5.Sif die meel, sout, koeksoda, kaneel, neut, wonderpeper en naeltjies in ’n ander bak.
6.Voeg die suiker-en-eiermengsel by die droë bestanddele en meng.
7.Voeg die rosyntjies, water en olie by en meng.
8.Bak vir sowat 20 tot 25 minute in ’n gesmeerde 23 cm-koekpan of totdat ’n tandestokkie skoon uitkom wanneer jy dit in die middel van die koek indruk.