Thursday 21 June 2018

Bobotie en geelrys



Bobotie en geelrys
6 porsies
BESTANDDELE
'n bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml vars gekapte knoffel
5 ml droë pietersielie
15 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
700 g beesmaalvleis
60 ml blatjang
10 ml appelkooskonfyt
10 ml Worcestershiresous
5 ml bruinasyn
1 groen appel, ontpit, geskil en gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 ml vars witbroodkrummels
125 ml sultanas
BOLAAG:
80 ml CLOVER volroommelk
2 eiers
2 lourierblare
GEELRYS MET ROSYNE:
1, 25 liter water
5 ml sout
7,5 ml borrie
440 ml rou witrys
125 ml rosyne
METODE
1. Voorverhit die oond tot 180 oC en smeer 'n oondvaste bak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
2. Verhit die olie en soteer die ui, knoffel en pietersielie tot die ui sag is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en soteer vir nog 'n minuut.
3. Voeg die maalvleis by en braai tot die vleis verbruin het.
4. Voeg die blatjang, konfyt, Worcestershiresous, asyn, gerasperde appel, sout, peper, broodkrummels en sultanas by die maalvleismengsel. Meng goed en laat vir 2 minute oor lae hitte prut.
5. Skep die maalvleismengsel in die voorbereide oondvaste bak.
6. Bolaag: Klits die melk en eiers saam en giet oor die maalvleis. Druk die lourierblare in die maalvleis.
7. Bak vir 40 minute of tot die bolaag goudbruin en gestol is.
8. Geelrys met rosyne: Meng die water, sout en borrie en verhit tot kookpunt.
9. Voeg die rys by en laat dit vir 15 minute kook. Voeg die rosyne by en laat dit vir 'n verdere 5 minute kook.
10. Dreineer en spoel die rys af. Skep dit terug in die kastrol en stoom tot gaar.
11. Bedien die warm bobotie saam met geelrys, tamatieslaai en piesangskyfies.