Thursday 28 June 2018

ROOIBOKBOUD



ROOIBOKBOUD
Bestanddele
1 rooibokboud
250 g spek, in 3 cm repies gesny
1 koppie rooi asyn
2 tlp sou
2 tlp bruin suiker
'n handvol rosyntjies
2 groot knoffelhuisies, gekap
1 tlp peper
½ tlp gemaalde gemmer
Vir die marinade
1 gesnyde ui
1 lourierblaar
6 heel naeltjies
3 koppies rooiwyn
2 tlp olie
Vir die verglansing
4 tlp fyn appelkooskonfyt
2 tlp mee
l4 tlp sjerrie
Metode
Plaas spek, 2 tlp asyn, 1 tlp sout en 1 tlp suiker in ‘'n klein houer en marineer dit so 45 minute.Maak gaatjies in die wildsboud met 'n skerp mes en vul dit met 'n rosyntjie, 'n stukkie knoffel en spek.Meng peper, gemmer, oorblywende sout en suiker en vryf dit met die hand in die boud.Gebruik 'n bakpan groot genoeg vir die boud en meng die bestanddele vir die marinade met die oorblywende asyn.Laat die mengsel kook en voeg die boud dan by. Draai die boud so 10 minute totdat dit rondom geseël het.Verwyder dit van die hitte en laat dit in die marinade afkoel. As dit verkoel het, los dit 24 uur in 'n koel plek en draai dit 'n paar keer om.Plaas die boud in 'n bakpan met 'n koppie marinade en sit dit 10 minute in 'n oond wat tot 220°C voorverhit is om te skroei.Verlaag die hitte tot 180°C vir die oorblywende baktyd. Bak dit tussen 8 en 10 minute per 500 g vleis vir rou tot halfgaar. Bedruip die vleis gereeld en voeg meer marinade by wanneer nodig.Meng die meel, konfyt en sjerrie en smeer dit oor die vleis om dit oor die laaste 10 minute te verglans.Wanner dit gaar is, sit die boud op 'n opdienbord en laat dit in 'n warm plek rus vir 10 tot 15 minute.Bedien met groente en geel rosyn
.
Bron: Proud Hunter