Thursday 28 June 2018

HEERLIKE APPELPOFFERS



HEERLIKE APPELPOFFERS
Genoeg vir: 6 – 8
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
• 220ml (120g) koekmeel
• 5ml bakpoeier
• 1 groot eier
• 125ml melk
• 12,5ml gesmelte botter
• 5 klein Granny Smith-appels (jou keuse of jy dit skil of nie)
• ½ suurlemoen
• olie vir braai
• 5ml fyn kaneel
• 1ml fyn gemengde speserye
• 45ml suiker
1. Sif die meel, bakpoeier en ‘n knippie sout saam. Klits die eier, melk en gesmelte botter saam, en klits dit dan by die droë bestanddele in.
2. Haal die appels se klokhuisies uit. Sny die appels in skywe van 5mm dik en drup suurlemoensap oor.
3. Verhit ‘n lagie olie in ‘n pan oor matige hitte. Sodra di olie warm is, druk ‘n paar stukkies appel in die beslag. Braai tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier. Meng die kaneel, gemengde speserye en suiker saam en strooi oor die poffers.
(Idees)