Tuesday 5 June 2018

Melktert Ryspoeding



Melktert Ryspoeding
500ml melk
1 kaneelstokkie...
2 steranys sade
1 repie lemoenskil
190ml suiker
4 eiergele

30ml maizena
375ml gaar Spekko Jasmyn rys
2.5ml vanielje ekstrak
45ml botter
kaneel vir voorsit
Verhit die melk, kaneelstokkie, steranys, lemoenskil en 125ml suiker tot kookpunt en verlaag die hitte.
Klits die res van die suiker, eiergele en maizena saam. Verwyder die kaneelstokkie, steranys en lemoenskil uit die die melk.
Voeg 'n kwart van die melk by die eiermengsel en klits. Voeg die res van die melk by en hou aan klits, die mengsel sal begin verdik.
Voeg die gaar rys by en en kook vir 'n verdere 2 - 3 minute.
Verwyder van die hitte en meng die vanielje ekstrak en botter by.
Sit warm voor met 'n sprinkel kaneel.