Tuesday 5 June 2018

Aartappel & Uisop Met Varkwors Frikkadelletjies



Aartappel & Uisop Met Varkwors Frikkadelletjies
Bestanddele:
4 vet varkworsies
15 ml elk botter en olyfolie...
2 uie, grofgekap
3 knoffelhuisies, gekap


1 lang selderystingel, gekap
800 g aartappels (sowat 8)
500 ml aftreksel
500 ml melk
rooipeper en grasuie
Metode:
1 Verwyder die vel van die worsies en rol die vleis in frikkadelle.
2. Braai tot goudbruin in die olie en botter.
3. Skep uit en braai nou die ui, knoffel en seldery tot glansend in dieselfde pan.
4. Skil die aartappels en sny in blokkies (behou die skille vir later) en voeg dit by die uie.
5. Giet die aftreksel en melk by en bring tot kookpunt.
6. Laat prut oor matige hitte tot die aartappels sag is – as dit geskif lyk, moenie bekommerd wees nie; verwerk dit met staafmenger tot glad.
7. Skep die frikkadelle in die sop en kook saam vir 5 minute.
**Geur goed met sout, swart- en rooipeper en grasuie.
Wenk:
1. Verwyder die vel van die worsies en rol die vleis in frikkadelle. er en bak dit in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 20 minute tot bros.
**Draai die skille halfpad deur die baktyd om en sit dit saam met die sop voor.