Thursday 21 June 2018

Luihuisvroutuna



Luihuisvroutuna

Bestanddele

2 x 120 g blikkies tuna in water, gedreineer en gevlok
2 eiers, geklits
1 x 400 ml blikkie ingedampte melk
1 x 400ml blikkie sampioensop
2 koppies penne of macaroni, gaar gekook
cheddarkaas, gerasper

Metode
Meng die tuna, eiers, melk, pasta en sampioensop.
Voeg dit in 'n oondbak, en sprinkel baie kaas bo-op.
Bak teen 180 grade vir 20 - 30 minute, of tot die kaas bruin word.
Bedien met slaai in die somer, en spessery-rys in die winter.
Dit kan ook gevries word vir latere gebruik.