Thursday 21 June 2018

Joey se swartboonbredie



Joey se swartboonbredie

Bestanddele

olyfolie
2 uie, gekap
2 soet groenrissies, gekap
3 eetlepels koljandersade, geskroei
1 eetlepel roosmaryn
1 pakkie sampioene
2 blikkies swartbone, gedreineer
2 blikkies heel tamaties
4 knoffeltoontjies, fyngemaak
handvol peietersielie, gekap
1 teelepel swartpeper
sout
2 teelepels rooipeper
2 eetlepels meel (opsioneel)
Metode
Braai die ui en groenrissie in die olie tot deurskynend.
Voeg die sampioene, koljander en roosmaryn by.
Roerbraai tot die sampioene vog vorm.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die meel, by.
Laat dit prut vir 'n halfuur.
Voeg meel by as jy die sous dikker wil maak.
Bedien op kapokaartappels.
* Jy kan ook vleis byvoeg - Voeg 1 kg bees of skaap by wanneer jy die uie braai.

(RSG)