Wednesday 6 June 2018

Gravy vir stasie pies



Danie Jansen van Rensburg
So baie mense het my weer gevra na die resep vir daai oorspronklike gravy wat op die Stasie Pies was dat ek dit weer plaas. Lw. ertjie meel kan jy maak deur split peas te maal ( sopmengsel green peas)
900 g ertjiemeel
3 pakkies beesstert sop
500 g Bisto

900 g koekmeel
Sif bestandele 3 keer saam.
Hou dit in houer in yskas en haal uit wanneer gebruik en gebruik soveel as wat jy nodig het
Meng 1/2 koppie van die sous bestandele met bietjie water en maak pasta.
Plaas in kastrol met 1 liter vleissous of water , roer goed, en voeg water by om lekker dikkerige sous te vorm.
(‎OU Boerekos Resepte)